Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

geopolitiek

s.nw. [geen meervoud] (studie van) idees en aktiwiteite wat verband hou met hoe lande se geografiese ligging hulle politieke ontwikkeling en verhouding met ander lande beïnvloed: Dis waar dat pres. Donald Trump deel van die verantwoordelikheid moet dra, gesien sy handelsoorloë met China. Hy kyk hoofsaaklik soos ’n sakeman na twee kolomme – geldelike wins en verlies – en hou nie voldoende rekening met sake soos geopolitiek nie (Leopold Scholtz, Netwerk24, 18 Augustus 2020).ENGELS: geopolitics


b.nw. | geopolitieke |Ook geopolities | geopolitiese | Van of met betrekking tot geopolitiek: Ons as gewone wêreldburgers wat nie godsdienstige of ideologiese oogklappe aan het nie en die geopolitieke rolspelers se agendas raaksien, moet help om die internasionale diskoers te verander en medemenslikheid, reg en regverdigheid weer boaan die agenda plaas (Max du Preez, Vrye Weekblad, 14 Mei 2021). Die konflik vererger ook die huidige geopolitieke dinamika van die streek, met Turkye en Rusland wat hul spiere bult. Rusland ondersteun Armenië reeds dekades lank. Daarenteen handhaaf ’n toenemende selfversekerde Turkye noue bande met die oorwegend Moslemse Azerbeidjan, ’n volk verwant aan die Turke (Jo-Ansie van Wyk, Netwerk24, 14 November 2020).ENGELS: geopolitical


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther