Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

gentrifisering s.nw. [gewoonlik enkelvoud]Ook gentrifikasie (proses van) buurtopknapping; stelselmatige verandering van ’n arm woonbuurt deur mense met meer geld wat daar kom woon en/of sake doen en dan huise en ander geboue opknap en verbeter: Williams is ook gekritiseer vir sy buurtopknapping of “gentrifisering”; dat hy sommige arm mense gesubsidieer het om in ryker buurte te woon (Finweek, 30 Maart 2017). Dit is egter nie net hulle [die mense van die Bo-Kaap] wat in die proses van kortsigtige en kortstondige “ontwikkeling”, gentrifikasie en argitektoniese omgewingsbesoedeling benadeel word nie, maar die hele land, al sy mense en sy geskiedenis in een van die bes bewaarde en leesbare teaters van daardie geskiedenis – wat artefak, mens en durende leefwyse en gebruik betref (Schalk le Roux, Netwerk24, 8 Januarie 2019). Vir die skrywer en joernalis Haji Mohamed Dawjee is Converse-tekkies – verkieslik wittes – “die skoen-ekwivalent van gentrifikasie” (Marijcke Dodds, Rapport, 27 Mei 2019). Die gentrifikasie ry Ryneveldstraat deesdae bloots hier op die studentedorp. Waar tokkelokke onderweg na dogmatiekklas by die Kweekskool twee dekades gelede hier staan-staan aan louwarm salamipasteie gestaan en eet het, is daar nou ’n koffiewinkel met die motto: Coffee for heroes (Le Roux Schoeman, Netwerk24, 25 April 2018). Ons word uitgeskop en word deel van die statistiek wat daagliks in Kaapstad toeneem weens gentrifikasie onder die vaandel van ontwikkeling (Henk Serfontein, Vrye Weekblad, 17 Mei 2019).SINONIEM(E): buurtverfraaiing | yuppifikasie | jappifikasieENGELS: gentrification

  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther