Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

ghellie | ghellies |Ook ghellieblik | ghellieblikke | ghellieblikkie |, ghelliedrom | ghelliedromme | groterige blik, gewoonlik ’n leë verf- of paraffienblik, waarvan die wand vol (lug)gate gekap is en waarin daar vir koskook of verwarming vuurgemaak word: Dit is ’n bekende feit dat die ghellie se kole goed uitgebrand moet wees voordat dit die herberg ingebring word. Anders is die koolstofgas dodelik. (A.H.M. Scholtz, Langsaan die vuur, 1995). Kom sit om die ghellieblik saam met bobaasstorievertellers wat ’n hond uit ’n bos gesels: Só lui die uitnodiging na Ghellieklets, een van meer as 20 geleenthede op die program van die Storievertelfees … in die Paarl en omgewing (Netwerk24, 11 September 2015).SINONIEM(E): konka | kolekonka | vuurkonka | vuurblik | vuurkan | (Zoeloe) mbawulaENGELS: konka | brazier

UITDRUKKING(S):
saam om die ghellieblik staan vriendskaplik saamkom/vergader: Hoepelik staan ôs nou mee kee saam ommie ghellieblik byte ôs kampe as Boeta N.P. se Afrikaner-“intellektueel” (Jeremy Vearey, N.P. van Wyk Louw-gedenklesing, 18 Junie 2020).


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther