Bygewerk op 2 Maart 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 449
fong kong- woorddeel [meer korrek fongkong-] [predikatiewe vorm fong kong, fongkong] (sleng, veral gesê van produkte uit China) nagemaak en daarom goedkoop; (ver)vals: › “Ek het [die tekkies] hier gekoop; hulle is Adidas. Waarskynlik fong kong (vals) Adidas, maar ek gee nie om nie. My vriende dink hulle is eg, so ...” (Darren Taylor, Vrye Weekblad, 16 Augustus 2019). › Sigarette word van ander lande na Suid-Afrika gesmokkel of plaaslik vervaardig deur onwettige handelaars wat nie die voorgeskrewe bestanddele gebruik nie. Dit word dan verpak in pakkies wat soos die oorspronklike verpakking lyk en goedkoper verkoop. Dié sigarette staan bekend as Fong Kong, het Millson gesê (Mandy Rossouw, Beeld, 19 Oktober 2004). › Die sigarette is fong kong. › ’n fong kong-eredoktorsgraad (Paul Issele, Beeld, 5 September 2013). ◌ ENGELS: fong kong
oorsprong:
Van die etiket Gemaak in Hongkong of Gemaak in China.
finaliseer
FIS
fitosanitêr
flavivirus
fleksitariër
fleksitaries
fleksitarisme
flelik
flentergat-
flet
fletse
FLF
flip
flippit
flok
fluisterdraf
fluisternetwerk
fok
fokken
fokkoliseer
fokoliseer
fokop
FOMO
fong kong-
fontein
foonskeidingsangs
FOP
fopnuus
fopslaai
fopspeenwoord
fopware
forensiese linguistiek
fotobom
fotonseil
fragmentarium
Frans
frasenaam
FSA
FTTH
fuifkyk
fynstof
G&T
gaajat
gaapfees
Gaia
galg
gammavariant