Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

gin-en-tonic s.nw. | gin-en-tonics | (uit Engels) glas wat ’n mengsel van gin en tonic met ys, ’n gewilde drankie, bevat: Sy gaan tap ’n bad water en skink vir haar ’n gin-en-tonic (Ronel Mostert, Huisgenoot, 11 Junie 2020). Op die presiese oomblik toe Joe Pereira se mes deur Lorenzo se nekvel gly, op die presiese oomblik toe Stavros die slagter se hart weer ruk omdat sy bloeddrukpille nie meer bloeddrukpille is nie, skink Niklaas vir hom ’n derde gin-en-tonic (Tom Dryer, Stinkafrikaners, 2000). Dit maak ’n reuseverskil as jy deur die loop van die aand twee gewone gin-en-tonics drink en dit met twee alkoholvrye weergawes afwissel (Charlea Sieberhagen-Grey, Huisgenoot, 7 November 2019).SINONIEM(E): (uit Engels, informeel) G&TENGELS: gin and tonic | G&T

samestellings:
gin-en-tonic-drankie
gin-en-tonic-smaak


KYK OOK: gin, tonic


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther