Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

ghoemahare s.nw. [geen meervoud] suiker met pastelkleursel daarby ingemeng wat gespin is tot ’n bol lekkergoed wat aan watte herinner, gewoonlik op 'n stokkie of in 'n deursigtige, luggevulde plastieksakkie aangebied: Jou siel sleep. En in jou kom lê ’n diep lus vir outydse pienk ghoemahare. Pienk suikervertroosting wat om en om ’n stokkie gedraai is en nie ’n opgepofte plêstieksakkie met grillerige pienk of groen spookasem daarin nie (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001). Regte ghoemahare waaraan kinders hulle kotsnaar kon eet toe hulle nog kon vertrou dat grootmense niks meer sou doen as net die taaigeit van hul gesig afvee nie. (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001).SINONIEM(E): spookasem | suikerdonsENGELS: candyfloss

KYK OOK: spookasem


samestellings:
ghoemahare-pienk: Ryg aan dié lap jou ghoemahare-pienk een, sal jy? (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001).


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther