Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
izinyoka s.nw. [versamelnaam] (Zoeloe)
1 oop kragkabels weens onwettige verbindings: › As jy aan dié izinyoka raak, gaan jy dood, want daar is duisende volt wat deur jou lyf gaan (Cara-Lee Dorfling, Netwerk24, 14 April 2019).
2 elektrisiteit wat onwettig van die paal van ’n straatlig herlei word: › Inwoners eis dat plaaslike owerhede die straatlamp moet herstel sodat hulle hul izinyoka kan herinstalleer. “Izinyoka of nie, ons benodig krag” (Netwerk24, 13 Augustus 2018).
3 (ook soms, minder akkuraat) (a) persoon wat onwettig krag van oop kabels herlei. (b) koperkabeldief: › Daar was eenkeer ’n Sotho-man wat erken het hy was ’n Izinyoka. Yo! Yo! Yo! Skok het soos ’n Mexican wave deur die sirkel gegolf soos dit vertaal word in al 11 amptelike tale (Viv Vermaak, Vrye Weekblad, 8 Januarie 2021).
oorsprong:
Zoeloe izinyoka, die byt van ’n slang
samestelling(s):
izinyoka-elekrisiteit: › Die inwoners van die informele nedersetting gebruik inzinyoka-elektrisiteit.
IPA
IP-telefonie
IR
IRV
ISE
ishaa
isicholo
isiphandla
isjaai
isolasie
isolasiejurk
isolasiepak
isolasiesorg
isolasiespasie
issie
issit
Itac
itshitshi
IUBN
IUN
IvD
ivermektien
izimbadada
izinyoka
jaar
jafel
jaffel
jaffle
jakalapou
jamaa
jammergat
janaza
janter
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina