Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
jaffel s.nw. | jaffels | (kookkuns, uit Engels)
Ook jafel [na analogie van wafel]
toebroodjie met ’n vulsel, toegeknyp en gerooster in ’n spesiale toestel (= jaffelyster) wat aan ’n wafelpan herinner, maar wat in plaas van laasgenoemde se kenmerkende blokkiespatroongebak ’n sirkelvormige/pasteivormige toebroodjie lewer, saamgepers om die rand (sodat die vulsel nie uitloop nie) en met ’n kenmerkende spiraalpatroon daarop afgedruk: › Jaffels is nie duur om te maak nie, want jy het net twee snye goewermentsbrood en ’n bietjie vulsel nodig (Anél Potjieter, Rapport, 5 Junie 2022). › Knus lê die vulsel tussen twee snye brood voor dit buite-om goudbruin en bros in ’n spesiale ysterpan gebraai word. Of dit ’n basaar- of ontbytjaffel is, of een vir die Sondagaand-blues, jaffels is smulkos en trooskos op sy beste (Herman Lensing, Sarie, Januarie 2018). › Vir jaffels: Smeer die brood en draai die snye om sodat die gesmeerde kante onder lê. Skep ’n lepelvol maalvleis in die middel van elke tweede sny brood. Bedek met die ander snye brood en knyp toe in ’n jaffelyster sodat die gesmeerde kante van die brood teen die yster is (Arina du Plessis, Landbouweekblad, 5 Mei 2015). › Besoek die kermis vir gebak, plante, geskenke, pannekoek, potjiekos, jaffels en baie ander eetgoed (Die Burger, 29 Februarie 2012).
◌ ENGELS: jaffle
oorsprong:
Oorspronklik handelsnaam van die rooster, Jaffle, afgelei van waffle, in 1949 in Australië deur dr. Ernest E. Smithers as patent geregistreer.
samestelling(s):
jaf(f)elmaker
jaf(f)elpan: › As jy ’n ou jaffelpan in ’n goeie toestand op ’n vlooimark sien, skaf dit aan. Ou jaffelpanne is gekuur deur jare se geluk gee en herinneringe van basaars, landbouskoue en gesinsvakansies, wat deur ’n magiese proses van osmose deel van die ysterpan geword het (Sarie, Januarie 2018).
jaf(f)elyster
IRV
ISE
ishaa
isicholo
isiphandla
isjaai
isolasie
isolasiejurk
isolasiepak
isolasiesorg
isolasiespasie
issie
issit
Itac
itshitshi
IUBN
IUN
IvD
ivermektien
izimbadada
izinyoka
jaar
jafel
jaffel
jaffle
jakalapou
jamaa
jammergat
janaza
janter
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou