Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
transnasionaal b.nw. | transnasionale |
1 wat oor landsgrense heen strek, of oor landsgrense heen aan mekaar verbind is: › Na raming verlaat sowat 23,000 mense jaarliks ons land. Die familielede wat in Suid-Afrika agtergebly het, is nou transnasionale ouers en grootouers (Sulette Ferreira, Vrye Weekblad, 29 Mei 2020). › transnasionale georganiseerde misdaad › Indien die ouers wel betrokke is by die besluitnemingsproses en selfs deel is van die voorbereiding [van kinders wat emigreer], kan hulle hulself voorberei op die ingrypende keuse en dus deel word van 'n transnasionale gesin (Sulette Ferreira, Vrye Weekblad, 20 Desember 2019).
◌ ENGELS: transnational
2 met betrekking tot verskillende lande, of waarby mense van verskillende lande betrokke is: › Sakebedrywighede het transnasionaal geraak, en almal wat daarby betrokke is, het gevolglik oor die wêreld heen versprei (Netwerk24, 13 Oktober 2016). › Wat sou die rede vir die verskynsel van transnasionale ondersteuning en die “dislojaliteit” teenoor eie nasionale en plaaslike spanne wees? (Pieter Labuschagne, Netwerk24, 12 November 2019).
◌ ENGELS: transnational
samestelling(s):
transnasionalisme: › Die emigrasie laat die ouer met teenstrydige gevoelens. Wanneer die kinders hul besluit om te emigreer vir die eerste keer bekendmaak, is dit die begin van ’n onomkeerbare domino-effek met transnasionalisme as uiteinde (Sulette Ferreira, LitNet Akademies, 9 September 2022).
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling
tonic
tonnelontsmetting
toontjie
torpiditeit
torpor
tou
towersampioen
trammakassie
trans
transfobie
transgender
transisie
transjoernalistiek
transnasionaal
transseksueel
transtalig
transtaling
trapklip
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trigram
trilemma
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans
trolfabriek
trolliestoter
trolplaas
trolvegter