Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
trisomie s.nw. [geen meervoud] aangebore toestand waarby iemand in elke selkern drie eksemplare het, in plaas van twee, van ’n spesifieke chromosoom, wat deur ’n nommer aangedui word.
◌ ENGELS: trisomy
trisomie 13
Ook patausindroom of Patau se sindroom
trisomie 18
Ook edwardsindroom of Edward se sindroom
: › Sy verduidelik die afwyking is trisomie 18, oftewel Edwardsindroom. Sy spring [...] weg met die kenmerke van sulke babas. Hulle word meestal dood gebore, of lewe ure, dae of weke met asemhalingsprobleme, voedingsprobleme, onderontwikkeling van feitlik alle organe, totale gestremdheid, gebreklike handjies en voetjies, gesplete verhemelte (Baba & Kleuter, Februarie 2016).
trisomie 21
Ook downsindroom of Down se sindroom
: › Jy herken hulle maklik. Skrefiesoë. Op elke handpalm slegs een deurlopende vou, ore wat laag sit, ’n groot spasie tussen groot- en tweede toon, en ’n lang tong wat in en uit die modjie beweeg. Daar is drie soorte [...] standaard-trisomie 21 [...] Dit kom meestal voor by die babas van vroue van 35 of ouer [...] Die tweede soort is translokasie-trisomie, wat deur oorerwing voortgedra word. Die derde soort is blote toeval (Die Burger, 3 Junie 1987).
towersampioen
trammakassie
trans
transfobie
transgender
transisie
transjoernalistiek
transnasionaal
transseksueel
transtalig
transtaling
trapklip
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trigram
trilemma
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans
trolfabriek
trolliestoter
trolplaas
trolvegter
Trompie
troosdiens
troosdoos
trotsmars
truffeljag
Trumpetter
Trumpiaans
Trumpiet
Trumpis
Trumpisme
Trumpspoedig
truoniem
tsek
tsjador
tsoenami
tsotsilitikus