Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
trolplaas s.nw. | trolplase | (internet) groep internettrolle wat in die sosiale media fopnuus versprei en politieke besluitneming en die vorming van akkurate menings stelselmatig in die wiele probeer ry: › Dit is nou al algemene kennis dat lande soos Rusland, Iran en Noord-Korea “trolplase” of “trolfabrieke” gebruik om disinformasie op groot skaal te versprei en verkiesings in demokrasieë te manipuleer (Max du Preez, Vrye Weekblad, 22 Januarie 2021).
◌ SINONIEM(E): trolfabriek | fopnuusdiens
◌ ENGELS: troll farm
transjoernalistiek
transnasionaal
transseksueel
transtalig
transtaling
trapklip
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trigram
trilemma
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans
trolfabriek
trolliestoter
trolplaas
trolvegter
Trompie
troosdiens
troosdoos
trotsmars
truffeljag
Trumpetter
Trumpiaans
Trumpiet
Trumpis
Trumpisme
Trumpspoedig
truoniem
tsek
tsjador
tsoenami
tsotsilitikus
tsunami
tsundoku
tuin
tuisblyvakansie
tuis-isolasie
tuisvakansie