Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

tok s.nw. | toks | (informeel) Ook (dikwels gebruik) toks | tokse |
rugbystewel: Duisend kinders is reeds landwyd geïdentifiseer wat in verskillende sportsoorte uitblink en later vanjaar deur middel van borgskappe van tekkies of tokse voorsien sal word (Werner Beukes, Netwerk24, 28 April 2021). As ’n speler nie ’n tokverskaffer het nie, voorsien N, die Bokke se borg, hulle van ’n paar toks (Beeld, 31 Oktober 1997). Hy het vergeet om sy toks in sy sak te pak (Michael Green, Beeld, 1 Augustus 2018). Toe ek vir Cheslin sien, het ek my longe uitgeskree! Ek het my een toks vir hom gegooi, hy het dit geteken en terug gegooi en toe huil ek so bietjie (Lebo Mogoma, Vrye Weekblad, 22 November 2019). Skoolskoene, tekkies, en selfs tokse is deur verskeie hoërskoolklasse en ook laerskoolleerlinge geskenk (Cheréne Pienaar, Netwerk24, 26 November 2018).(ook figuurlik): Dit lyk mos al of die spel oplaas sy ou tokse vir nuwes verruil het (Die Burger, 13 Maart 1993).
ENGELS: rugby boot


UITDRUKKING(S):
jou toks(e) ophang of jou toks(e) wegpak (informeel)
1
(van ’n rubyspeler gesê) ophou speel: Maar ek dink nie Whiteley sal juis graag oor dié wedstryd in die kroeg gesels as hy eendag sy tokse opgehang het nie (Michael Green, Netwerk24, 25 Maart 2017). Nadat hy in drie agtereenvolgende seisoene harsingskudding opgedoen het, het hy sy tokse weggepak (Pieter van Zyl, Huisgenoot, 18 April 2019).

2
uittree; aftree: Cope en die strydros van bevrydingspolitiek, Mosiuoa Lekota, kan nou maar tokse ophang. Dié party kon ná interne gevegte nooit die beloftes van hul stigting gestand doen nie (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 10 Mei 2019).



samestelling(s):
toksak


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther