Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
ontsmettingstonnel s.nw. | ontsmettingstonnels | struktuur soos ’n tonnel of gang, toegerus met spuit- of stuifkoppe wat oor mense wat daar deurstap, ’n ontsmettingsmiddel laat neersif as poging om die verspreiding van ’n virussiekte te bekamp: › Die Russiese premier het ’n ontsmettingstonnel by sy woning laat aanbring (RSG, 17 Junie 2020). › ’n Ontsmettingstonnel, maskers, gesigskerms en handreinigers kos baie geld en is nou deel van die maatskappy se uitgawes (Alet van der Walt, Netwerk24, 14 Mei 2020). › Kenners meen tegnologie soos ontsmettingstonnels is op die lange duur nie doeltreffend om die koronavirus dood te maak nie (Isabel Venter, Netwerk24, 13 Mei 2020). › ’n Ontsmettingstonnel is by die ingang van die taxistaanplek geplaas. Pendelaars wat deur die tonnel loop, word met ’n miswolk van ontsmettingsmiddels bespuit (Isabel Venter, Netwerk24, 12 Mei 2020). ◌ ENGELS: disinfection tunnel
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp
Okosa
oksimeter
olielap
olifant
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
onthaasting
ontie
ontlaer
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskiet=
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj