Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
ontwerpersbaba s.nw. | ontwerpersbabas | ◌ Ook (soms) ontwerperbaba ◌ baba waarvan die genetiese samestelling gekies of die DNS verander/geredigeer is, byvoorbeeld om ’n spesifieke geen in te sluit wat ’n bepaalde eienskap verseker, of gene wat met ’n bepaalde oorerflike siekte verband hou, te verwyder: › Alhoewel aangeneem is dat CRISPR die chemie-prys sou wen, was daar kommer oor die moontlike misbruik van die tegnologie, byvoorbeeld om ontwerper-babas op aandrang te ontwikkel (Netwerk24, 7 Oktober 2020). › ’n Welgestelde Britse egpaar het die sperm van hul enigste seun laat oes nadat hy verongeluk het en ’n ontwerpersbaba in ’n laboratorium laat kweek om aan hulle ’n erfgenaam – en spesifiek ’n seun – te besorg (Netwerk24, 10 September 2018). ◌ ENGELS: designer baby
okkapyp
Okosa
oksimeter
olielap
olifant
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
onthaasting
ontie
ontlaer
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskiet=
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie