Bygewerk op 2 Julie 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
outismespektrum s.nw. [geen meervoud] ◌ Ook outistiese spektrum ◌ kontinuum van outistiese steurings en verwante aandoenings waarby simptome volgens ’n glyskaal beskryf word: › Ek is ’n ma van ’n seun van 23 wat ’n Asperger is. Dié term, wat verwys na outiste wat “hoogs funksionerend" is en genoem is na die Oostenrykse sielkundige en pediater Hans Asperger, het in onbruik geraak en daar word eerder na mense op die “outistiese spektrum” verwys [...] Mens hét nie outisme nie, jy lý nie aan outisme nie, jy IS outisties (Niki Harmse, Vrye Weekblad, 7 Mei 2021). › Aaron het met sy geboorte gesond gelyk, vertel Ilana. Maar sowat ’n jaar later is sy ouers se vrees bewaarheid toe ’n diagnose op die outismespektrum ook by hom gemaak is (Pieter van Zyl, Huisgenoot, 23 April 2020 ).
opwentel
opwipkanaal
opwipwinkel
oranje
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse
OSW
OTP
ouboeja
ouderdomsdiskriminasie
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
oumagroot
oupagroot
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paan
paartie
paddabeentjie
padlangs
pak-choi
paksoi
palmleser
palmplak
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit